Lientjie in Wonderland

Wednesday, September 20, 2006

Dancing the night away

Daar is 'n paar dinge wat ek nog weer wil doen voor ek verkas uit die liewe lawwe Pretoria, die 1 van hulle het ek gisteraand aangepak. Ysskaats... diegene wat my ken sal weet dat ek maar 'n redelike ongeluksvoël is, en gisteraand was nie veel anders nie. Vandag is ek blou op plekke wat nie lekker is nie, en vir 'n rukkie ge-cure van die oorweldigende need om myself soos 'n idiot te vertoon in die publiek.
Die aand het natuurlik uit die aard van die saak ook nie gestop toe ons 4 (maaitjies wat mekaar nog nie sooo goed ken nie) die koue arena verlaat het nie. Om my vorige teorie te staaf( die 1 wat tried en tested was met die tequila en mordor storie), bly 1 cocktail, 1 glas wyn, of enige vorm van alkohol wat ingeneem kan word deur 'n standaard mens, nie net by 1 nie. 2 en 'n drie-kwart bottels wyn ( rêrige goeie rooi wyn, lekker wyn) later het die 2 menere wat ons vergesel het na die skaatsbaan maar uitgepass op die bank, en sy meisie onderskeidelik. Dis nou na die onwelvoeglike dansies en club moves uitgehaal is in die sitkamer

Dancing Queen se MA!!! HEHE. O so entertaining



. Met net 4 ure se slaap die vorige aand, ook agv 'n groot en lekker kuiertjie, en die vorige aand se 3, was almal maar bietjie paste na al die skaatsery en dansery en het die aan skielik en vinnig tot 'n anti-climatic einde gekom. Tog is dit sulke tye wat 'n mens werklik jou vriende leer ken, soms surprising goed van hulle uitvind... Diep in hulle ogies kyk ens ens ens, ba-ha, net jammer mens sukkel dan om te fokus, dus die rede dat daar so lank gestaar word. Maar memories word definitief so geskep wat jare daarna nog oor gelag gaan word en gedeel gaan word met nuwe kennisse, veral as daar klere wat verloor is in die storie betrokke is. Vriende, ons moet weer so maak, dit was 'n fees!!! PS - Chippendales would be proud to have you Fouch

1 Comments:

Blogger saintwillem said...

hey nou dat ek dit wel vir 'n tweede (eerste ware keer lees) is dit nogal moer funny...wys jou wat min slaap aan mens doen. anyhow, jul moet die foto's onthou en hy moet 'n lekker naweek tuis he. groete
willem

9:43 AM  

Post a Comment

<< Home