Lientjie in Wonderland

Tuesday, October 03, 2006

And the children of the forest dance together in the night

En so het dit gebeur dat die kinders van die woud weer 'n aangename dans sessietjie en groot kuier en geniet gehad het laas naweek. Weereens iets om te onthou.





















The son of smoke brave bear het die rekenaar befonkfaai, The son of cocks forest eagle(kon nie onthou wat die eerste deel was nie maar hierdie is nogal funny) het weereens ons vermaak ens, die daughter of rain bolting buck(kon glad nie onthou wat daai een was nie) was maar haar stil self, op haar plek, aanskoudend van die res, mooi na almal gekyk en as ek moet raai lekker punte gescore by haar brave bear, en ja, verder het lionheart wise owl( ha ha ha) haarself maar weer embarass op vele terreine.

Bietjie weer baanbrekers aangeteken met onbewaakte uitlatings en reaksies wat nie geregverdig was nie. aai. alkohol laat mens op hol gaan. Maar genoeg van dit. Ek het weereens moerse lekker met almal gekuier, en hoop dat die toekomstige piekniek of whatever die manne reel actually gaan plaasvind voor hulle cheers. Miskien is 'n vinnige kuiertjie, dalk pannekoek of iets vinnig en lekker nie 'n bad idee vir Sondagaand nie, aangesien ons wel die verhoging in jare van die cock forest eagle moet vier. Wag in spanning vir comments of watookal. Ok baai!!!

Wednesday, September 27, 2006

'n Produktiewe naweek lank terug!

Ek en my maaitjie aninke was toe so gelukkig om goed te presteer in ons patologie toets. Dit was 'n goeie ding, omdat dit ons bewys as die ultimate multi-task popies, wel, meer sy as ek. Ek meen, om te vry en te leer van al die crap wat 'n mens in hulle mond het, terselfde tyd, verg 'n uitermatige hoeveelheid selfbeheersing en konsentrasie. Ek aan die anderkant, moes slaap, kos maak en ander stuff(wat ek nie nou kan onthou nie maar weet dit het my BAIE BAIE besig gehou). Gelukkig is ons so slim ba-ha!! en mooi ba-ha!!! dat ons eintlik enigeiets kan doen terwyl ons die mans in ons lewe gelukkig hou. Of in hierdie geval, sy die man in haar lewe gelukkig te hou, en glo my, dit vat baie effort. Grappie. Anyway, hoop maar en bid maar vir ons vir die Odont toets, want die keer was Saint Willem nie daar om ons te inspireer nie, so die kalf gan half in die put geslag word.

Saturday, September 23, 2006

Eendag lank lank gelede

was daar 'n klein dogtertjie, sy het nie geweet wat sy wou word eendag nie, en alles van 'n popstar na 'n ballerina, na 'n spraak/arbeidsterapeut, na 'n metereoloog het deel uitgemaak van haar lewensplanne op verskillende stadiums van haar skoolloopbane. Tot sy eendag tot die besef gekom het dat sy eintlik niks anders as 'n dokter kan word nie, haar ma is immers self 'n dokter en haar pa 'n tandarts, so in die gene was dit verseker.
Sy het toe maar gewerk en gejol en gecram en bioplus gedrink en so aangegaan om sodoende haar varsity loopbaan ten volle te geniet. Almal het aangesloof, dag vir dag, met vreugde en mislukkings 'n tydelike en ontydige happening so deur die jare. Dit is mos ook jou vorming al die dinge wat mens moet deur, dit maak jou wie en wat jy is eendag. Tot die dag toe die realization huis toe tref, ons is nou groot. Oor 'n paar maande is jy offisieel dokter en moet jy als weet en als 100% reg kan doen in die pasiente en die personeel se oë, AAAAAAAAAHHHHHHHHHH!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Wat nou??? Nou moet jy verantwoordelik wees, jy moet nie drink op 'n weeksaand nie, nie raas en mal gaan soos 'n student nie, en net in die algemeen nie 'n mens wees nie, want jy is dokter. Die titel maak jou moontlik om altyd net aan te hou, net weer en meer te gee, altyd nice te wees, nooit laat nie, nooit bietjie moeg of depressed nie, net weereens pleinweg, nie mens nie.
En die dogterjie wonder toe, hoekom, om hemels naam hoekom, wil 'n mens dit aan jouself doen??
Die antwoord op die liewe lesers, is ons is in elk geval anders. Ons was en sal nooit wees soos die res van die wêreld nie. En ons wil ook nie wees nie. Tussen mense soos ons, en die wat ons ten volle van buite aanvaar, slegs daar mag die ware kleure en geure van ons siel na voorskyn kom. Die vriende wat 'n mens dit toelaat, en nogsteeds omgee daarna, is die wat jy aan moet klou vir lewe en dood, want hulle 'beskerm' jou teen die res van die wêreld.
So, soos ons aan die einde van 'n halwe dekade kom, wil ek net vir almal wat vir my iets beteken het, en vir wie ek iets beteken het, net dankie sê. Hulle (en julle weet wie julle is) was my pilaartjies toe ek self nie kon nie, nie wou nie, of nie geweet het hoekom mens moet nie.
Soos die lewe nou weer ons paaie onderskeidelik laat vurk, en die wind ons dalk van mekaar gaan wegdryf, weet net, julle het die klippies in my pad minder gemaak, of ten minste net na die neerslet en velle afval, my wonde vir my verbind. Dit was nie die moeite werd, sonder julle nie.

Wednesday, September 20, 2006

Dancing the night away

Daar is 'n paar dinge wat ek nog weer wil doen voor ek verkas uit die liewe lawwe Pretoria, die 1 van hulle het ek gisteraand aangepak. Ysskaats... diegene wat my ken sal weet dat ek maar 'n redelike ongeluksvoël is, en gisteraand was nie veel anders nie. Vandag is ek blou op plekke wat nie lekker is nie, en vir 'n rukkie ge-cure van die oorweldigende need om myself soos 'n idiot te vertoon in die publiek.
Die aand het natuurlik uit die aard van die saak ook nie gestop toe ons 4 (maaitjies wat mekaar nog nie sooo goed ken nie) die koue arena verlaat het nie. Om my vorige teorie te staaf( die 1 wat tried en tested was met die tequila en mordor storie), bly 1 cocktail, 1 glas wyn, of enige vorm van alkohol wat ingeneem kan word deur 'n standaard mens, nie net by 1 nie. 2 en 'n drie-kwart bottels wyn ( rêrige goeie rooi wyn, lekker wyn) later het die 2 menere wat ons vergesel het na die skaatsbaan maar uitgepass op die bank, en sy meisie onderskeidelik. Dis nou na die onwelvoeglike dansies en club moves uitgehaal is in die sitkamer

Dancing Queen se MA!!! HEHE. O so entertaining



. Met net 4 ure se slaap die vorige aand, ook agv 'n groot en lekker kuiertjie, en die vorige aand se 3, was almal maar bietjie paste na al die skaatsery en dansery en het die aan skielik en vinnig tot 'n anti-climatic einde gekom. Tog is dit sulke tye wat 'n mens werklik jou vriende leer ken, soms surprising goed van hulle uitvind... Diep in hulle ogies kyk ens ens ens, ba-ha, net jammer mens sukkel dan om te fokus, dus die rede dat daar so lank gestaar word. Maar memories word definitief so geskep wat jare daarna nog oor gelag gaan word en gedeel gaan word met nuwe kennisse, veral as daar klere wat verloor is in die storie betrokke is. Vriende, ons moet weer so maak, dit was 'n fees!!! PS - Chippendales would be proud to have you Fouch

Monday, September 11, 2006

One Tequila too many....

Yep, dit het als begin met net 1 onskuldige cocktail na 'n lang week. Net 1, dis mos nie sonde nie. Ongelukkig was my getroue vriendin, my concience, nie daar om my van myself te red nie, en het die 2 for 1 special my helemal en totaal en al opgevreet!!!!!!
Toe natuurlik is ons daarna na die recruits(ie koshuisvriendinne) se huisie toe om die warpaint aan te kry, want na MORDOR kan jy nie gaan in civies nie. So ja, die VIP section is van die duiwel af, en die ouens daar ook. Die aand het toe spoedig tot 'n einde gekom met 'n wonderpotion in 'n unsuspected drankie, en 'n poppie wat al klaar haar sinne verloor het. Gelukkig het die engeltjies die spesifieka dame gered en op perdjies daar uitgegalop.
Needless to say, die volgende dag was die son te helder, die voeltjies te loud, en die gedagtes van die spesifieke dame( en ja, sy is 'n dame dammit!!!) goed vervris van hoekom jy nie single na MORDOR gaan nie.

Thursday, September 07, 2006


Heylo!!!!!

Wel, hier is ek nou. Na aanleiding van wat ek gesien het van die tipe ding, het ek gedink dis dalk 'n goeie ding om ook so 'n site te hê waar alle belangstellendes kan gaan kyk wat in my lewe gebeur. Al die skandes kan hoor, en al die action kan sien. Ha ha ha ha ha!!!!!!

Nou om al hierdie goed op die flippen site te kry, aaaaaaahhhhhhhh, dit gaan nie 'n joke wees nie!

Volg maar die progress!!!