Lientjie in Wonderland

Saturday, September 23, 2006

Eendag lank lank gelede

was daar 'n klein dogtertjie, sy het nie geweet wat sy wou word eendag nie, en alles van 'n popstar na 'n ballerina, na 'n spraak/arbeidsterapeut, na 'n metereoloog het deel uitgemaak van haar lewensplanne op verskillende stadiums van haar skoolloopbane. Tot sy eendag tot die besef gekom het dat sy eintlik niks anders as 'n dokter kan word nie, haar ma is immers self 'n dokter en haar pa 'n tandarts, so in die gene was dit verseker.
Sy het toe maar gewerk en gejol en gecram en bioplus gedrink en so aangegaan om sodoende haar varsity loopbaan ten volle te geniet. Almal het aangesloof, dag vir dag, met vreugde en mislukkings 'n tydelike en ontydige happening so deur die jare. Dit is mos ook jou vorming al die dinge wat mens moet deur, dit maak jou wie en wat jy is eendag. Tot die dag toe die realization huis toe tref, ons is nou groot. Oor 'n paar maande is jy offisieel dokter en moet jy als weet en als 100% reg kan doen in die pasiente en die personeel se oë, AAAAAAAAAHHHHHHHHHH!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Wat nou??? Nou moet jy verantwoordelik wees, jy moet nie drink op 'n weeksaand nie, nie raas en mal gaan soos 'n student nie, en net in die algemeen nie 'n mens wees nie, want jy is dokter. Die titel maak jou moontlik om altyd net aan te hou, net weer en meer te gee, altyd nice te wees, nooit laat nie, nooit bietjie moeg of depressed nie, net weereens pleinweg, nie mens nie.
En die dogterjie wonder toe, hoekom, om hemels naam hoekom, wil 'n mens dit aan jouself doen??
Die antwoord op die liewe lesers, is ons is in elk geval anders. Ons was en sal nooit wees soos die res van die wêreld nie. En ons wil ook nie wees nie. Tussen mense soos ons, en die wat ons ten volle van buite aanvaar, slegs daar mag die ware kleure en geure van ons siel na voorskyn kom. Die vriende wat 'n mens dit toelaat, en nogsteeds omgee daarna, is die wat jy aan moet klou vir lewe en dood, want hulle 'beskerm' jou teen die res van die wêreld.
So, soos ons aan die einde van 'n halwe dekade kom, wil ek net vir almal wat vir my iets beteken het, en vir wie ek iets beteken het, net dankie sê. Hulle (en julle weet wie julle is) was my pilaartjies toe ek self nie kon nie, nie wou nie, of nie geweet het hoekom mens moet nie.
Soos die lewe nou weer ons paaie onderskeidelik laat vurk, en die wind ons dalk van mekaar gaan wegdryf, weet net, julle het die klippies in my pad minder gemaak, of ten minste net na die neerslet en velle afval, my wonde vir my verbind. Dit was nie die moeite werd, sonder julle nie.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home