Lientjie in Wonderland

Wednesday, September 27, 2006

'n Produktiewe naweek lank terug!

Ek en my maaitjie aninke was toe so gelukkig om goed te presteer in ons patologie toets. Dit was 'n goeie ding, omdat dit ons bewys as die ultimate multi-task popies, wel, meer sy as ek. Ek meen, om te vry en te leer van al die crap wat 'n mens in hulle mond het, terselfde tyd, verg 'n uitermatige hoeveelheid selfbeheersing en konsentrasie. Ek aan die anderkant, moes slaap, kos maak en ander stuff(wat ek nie nou kan onthou nie maar weet dit het my BAIE BAIE besig gehou). Gelukkig is ons so slim ba-ha!! en mooi ba-ha!!! dat ons eintlik enigeiets kan doen terwyl ons die mans in ons lewe gelukkig hou. Of in hierdie geval, sy die man in haar lewe gelukkig te hou, en glo my, dit vat baie effort. Grappie. Anyway, hoop maar en bid maar vir ons vir die Odont toets, want die keer was Saint Willem nie daar om ons te inspireer nie, so die kalf gan half in die put geslag word.

1 Comments:

Blogger Aninke said...

Hallo liefste Lientjie! Jammer ekke kom nou eers by comment uit-alhoewel ek al LANK al jou blog gelees, geniet en waardeer het! Ja-nee....behalwe vir ons lees niemand anyway ons comments aan mekaar nie, so ons kan maar net so wel die nuutste nuus hierop plaas en sien hoe lank vat dit om ontbloot te word. So, ja, ons het flippen goed gedoen in die path-en ek moet se, dis nogal nice dat ons sulke ultimate poppies met breins is! Die man in my lewe het darm 'n moerse goeie invloed op die swottings van my! Wat ek wel wil doen is hom omkoop met 'n soen om my met my eksamens by te staan;) Hy sal nogal baie soene score;) Lientjie, dankie vir jou vriendskap en moeite en fun en heerlike geselligheid! Liefdetjies Anny

2:15 PM  

Post a Comment

<< Home